ישוע familieboom van Jesus
Jan Hendrik & Wilna Gous 29 jaar!
ישוע familieboom van Jesus
MATTEUS 1 : 1 17 JESUS SE VOOROUERS 1 My verhaal oor Jesus Christus begin met sy geslagsregister. Daarin staan die name van sy voorouers. Die belangrikste twee persone in sy geslagsregister is natuurlik Dawid, die groot koning van Israel, en Abraham, die man met wie God sy belangrike ooreenkoms gemaak het. familieboom van Jesus
Abraham was Isak se pa. En Isak was Jakob se pa. Aan hulle het die volk Israel sy bestaan te danke. Jakob was die pa van Juda en sy broers. familieboom van Jesus
Op sy beurt was Juda die pa van die tweeling Peres en Serag. Hulle ma se naam was Tamar. Dit is sy wat Juda vroeër naby die dorp Timna verlei het en kort daarna geboorte gegee het aan Peres en Serag. Peres was Gesron se pa, en Gesron die pa van Ram. familieboom van Jesus
Ram was Amminadab se pa, terwyl Amminadab die pa van Nagson en Salmon was. Salmon was getroud met Ragab. Sy het vroeër die spioene van Gideon daar in haar huis in Jerigo se muur weggesteek. Hulle het n seun gehad met die naam Boas. Boasfamilieboom se vrou se naam was van Rut. Jesus Sy was n
Boas se vrou se naam was Rut. Sy was n Moabiet. Hulle het hulle seun Obed genoem. Obed se seun was Isai. Isai was die pa van koning Dawid. familieboom van Jesus
Dawid was Salomo se pa. Salomo is gebore uit die verhouding tussen Dawid en Batseba. Batseba was natuurlik eers met Uria getroud. Dawid het n verhouding met haar gehad en toe gereël dat Uria in n oorlog in die heel voorste linie moes gaan veg. Daar is hy toe doodgemaak. familieboom van Jesus
Salomo was weer die pa van Rehabeam. In Rehabeam se tyd het die volk Israel in twee geskeur. Rehabeam was Abia se pa. Abia was die pa van Asa. Asa was Josafat se pa, terwyl Josafat die pa van Joram was. Joram was Ussia se pa. familieboom van Jesus
Ussia was die pa van Jotam, en Jotam die pa van Agas. Agas was n goddelose koning wat hom glad nie aan die Here gesteur het nie. Maar sy seun Hiskia was heeltemal anders. Hy het nege en twintig jaar lank as koning in Jerusalem regeer en die Here gedien. Hiskia familieboom was die pa van Manasse. van Jesus
Hiskia was die pa van Manasse. Manasse was die pa van Amon. Amon was die pa van Josia. In die tyd van Josia se koningskap is groot godsdienstige hervormings deurgevoer nadat die wetboek van die Here weer in die tempel ontdek is. familieboom van Jesus
Josia was die pa van Jojagin en sy broers. In daardie tyd is die Israeliete as slawe na Babilonië toe weggevoer. Die Babiloniese ballingskap het gelukkig nie n einde aan die geslagsregister van Jesus gemaak nie. God het self daarvoor gesorg. Jojagin het kort daarna n seun gehad met die naam Sealtiël. familieboom van Jesus
Sealtiël het n seun gehad met die naam Serubbabel. Op sy beurt was Serubbabel die pa van Abihud, en Abihud die pa van Eljakim. Eljakim het n seun gehad met die naam Asor. familieboom van Jesus
Asor was die pa van Sadok, en Sadok die pa van Agim. Agim het sy seun Elihud genoem, terwyl Elihud sý seun Eleasar genoem het. Eleasar was weer die pa van Mattan. Mattan was die pa van Jakob. familieboom van Jesus
Jakob was die pa van Josef, die man van Maria. Sy is die vrou wat Jesus in die wêreld gebring het. En Jesus is natuurlik die Messias, die Gestuurde van God. familieboom van Jesus
As julle mooi kyk, sal julle sien dat daar veertien geslagte van Abraham tot by Dawid was. Daarna, van Dawid af tot by die Babiloniese ballingskap, was daar nog veertien geslagte. Na hierdie groot krisis in Israel se geskiedenis het God het dit so beskik dat daar nog veertien geslagte tot by Christus se geboorte was. familieboom van Jesus
ישוע Yeshua Jahwe = verlossing Ἰησοῦς familieboom van Jesus
מ ש יח Maschiag Messias = gesalfde Χριστός familieboom van Jesus
Mans & Vroue Kinders & 2-linge kind-voortrekkers Bedrieërs 49 NAME Buite egtelike kinders & hul ouers Landsverraaiers & Uitlanders Slawe familieboom van Jesus
Egbrekers Moordenaars Veelwywers 49 NAME Goddelose Politici / Konings familieboom van Jesus
Vroue: Tamar Ragab 49 NAME Rut Batseba Maria familieboom van Jesus
ROMEINE 11 : 16 24 Daar is Plek vir jou in God se Boom 16 21 Israel is soos n groot boom. n Klomp takke van hierdie boom is uitgekap. Dit is al die Israeliete wat nie in God glo nie. Jy wat nie n Israeliet is nie, is in hulle plek in die boom ingeplant. Nou het jy ook deel aan God se liefde. familieboom van Jesus
ROMEINE 11 : 16 24 Daar is Plek vir jou in God se Boom 16 21 Jy moenie dink jy is beter as die Israeliete nie. Jy moet vir God dankie sê dat jy nou deel van sy boom is. Hy het jou gered omdat Hy jou baie jammer gekry het. Maar as jy nie na Hom luister nie, kap Hy jou weer uit. familieboom van Jesus
22 God is streng. Maar Hy is ook vol liefde. Hy is streng met almal wat nie na Hom luister nie. Maar Hy is lief vir almal wat in Hom glo. Jy moet doen wat Hy sê. Anders is daar nie vir jou plek in sy boom nie. familieboom van Jesus
23 24 Daar is ook goeie nuus vir die Israeliete. As hulle begin glo, sal hulle weer deel van God se boom word. God kan dooie takke weer laat leef. Hy het dit dan met jou gedoen. Hy sal dit ook vir die Israeliete doen. familieboom van Jesus
DAAR IS PLEK VIR JOU IN GOD SE BOOM familieboom van Jesus
DAAR IS PLEK VIR JOU IN GOD SE BOOM Sien in jou geestesoog die gebeure van Johannes 8
DAAR IS PLEK VIR JOU IN GOD SE BOOM Hoor Jesus se woorde: "Laat die een van julle wat 'n skoon gewete het, eerste 'n klip op haar gooi... waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?... Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie."
DAAR IS PLEK VIR JOU IN GOD SE BOOM Dis besonders om op te let dat die vrou Jesus aanspreek as Here of Kurios. Soos sy, is ons ALMAL sondaars wat die verlossing van Jesus Christus benodig.
DAAR IS PLEK VIR JOU IN GOD SE BOOM Sy opdrag aan ons elkeen is om Hom as Here van ons lewe te dien deur op te hou met en te stry teen enige sonde in ons lewe.
DAAR IS PLEK VIR JOU IN GOD SE BOOM Ons roeping is egter nie om die sondepolisie van die wêreld te wees nie. Ons roeping is om mense na Jesus te bring soos die verlamde man se vriende gedoen het. Net uit Jesus se mond mag mense hoor: "Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie."
"Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie."
LIEFDEVOLLE AANVAARDING OMARMING GOEDKEURING familieboom van Jesus
LIEFDEVOLLE AANVAARDING OMARMING TRANSFORMASIE familieboom van Jesus
familieboom van Jesus
Die Heiland is gebore Nuwe Liedboek 353
Die Heiland is gebore, Soos eeue reeds voorspel. Daar in die stad van David Word Hy Immanuel. Met blye hemelkore Wil ons ook juig en sing: Ons Heiland is gebore Dis Hy wat redding bring!
Wie glo in Jesus Christus, word nou sy eiendom. Hy gee die reg tot kindskap aan dié wat glo in Hom. Juis daarom juig ons harte opnuut dié Kersfeestyd: Ons Heiland is gebore vertel dit wêreldwyd.
GOD S KIDZ KERSBOOM Baie dankie aan almal wat hul harte en beursies oopgemaak het om vir hierdie kinders n ongelooflike partytjie te gee!
BEELD VAN GOD
MY LEWE IS 'N LOFGEDIG GESKRYF TOT SY EER, SORGVULDIG ELKE WOORD GEKIES SOOS DIE REENBOOG SE KLEUR.
BEPLAN IN DIE HEMEL, VERTEENWOORDIGER VAN GOD, SORGVULDIG AANMEKAAR GEWEEF OM TE LEEF MET EEN GEBOD.
MAG ONS OMGEE EN LIEFHÊ EN SO SY BEELD UITDRA IN 'N WÊRELD WAT VERWARD IS EN NA WARE LIEFDE VRA.
MAG ONS OMGEE EN LIEFHÊ EN SO SY NAAM VEREER, BY ALMAL WAT OP SOEK IS NA DIE ANTWOORD OP HUL SEER.
GEBORE IN DIE WÊRELD, MAAR GEMAAK VIR 'N PARADYS, OM TE LAG EN TE LEWE SOOS 'N PRINS IN 'N PALEIS.
SO WAAROM DAN DIE SONDE WAARAAN JY SO BLY KLOU, WAT STEEDS SY BEELD VERNIETIG EN JOU VREUGDE STUKKEND KOU?
MAG ONS OMGEE EN LIEFHÊ EN SO SY BEELD UITDRA IN 'N WÊRELD WAT VERWARD IS EN NA WARE LIEFDE VRA.
MAG ONS OMGEE EN LIEFHÊ EN SO SY NAAM VEREER, BY ALMAL WAT OP SOEK IS NA DIE ANTWOORD OP HUL SEER.
ONTHOU JY'S 'N BEELD VAN GOD WAT KAN SKITTER SOOS KRISTAL OM DIE WÊRELD TE HERINNER: DAAR'S 'N GOD IN DIE HEELAL.
KOM DAN NOU EN VAT SY HAND EN LEEF SOOS SY KIND WAT HY SELF GEMAAK HET EN JY SAL VREUGDE VIND.
MAG ONS OMGEE EN LIEFHÊ EN SO SY BEELD UITDRA IN 'N WÊRELD WAT VERWARD IS EN NA WARE LIEFDE VRA.
MAG ONS OMGEE EN LIEFHÊ EN SO SY NAAM VEREER, BY ALMAL WAT OP SOEK IS NA DIE ANTWOORD OP HUL SEER.
BY ALMAL WAT OP SOEK IS NA DIE ANTWOORD OP HUL SEER.
familieboom van Jesus